Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Pragtige dorpie, baie vriendelike mense, lekker plek om net weer te gaan asemskep van die besige daaglikse lewe."
"Dis 'n pragtige wissersdorpie met sy vriendlike mense, sal enige dag weer gaan vir 'n kuiertjie en vir my was dit 100% veilig."
"They can maybe get more bigger shops like Spar, Pick & Pay and maybe a pharmacy. But otherwise it's a nice place."
"Fryers Cove Restaurant is uitstekend, ons het lanklaas sulke lekker kerrievis en viskoekies gehad. Doringbaai is baie rustig en stil."
"Bali Trading buite Riversdal is definitief die moeite werd om te besoek. Sal volgende keer graag meer van die omgewing wil verken."
"Mooi strande, goeie surfspot (JoJo's) en goeie verskeidenheid restaurante. Ons maak weer so."
"Kaapstad is ’n moet vir enige toeris met genoeg besienswaardighede om jou vakansie onvergeetlik te maak."
"Net jammer dat Covid-19 so 'n negatiewe impak op besigheid in die dorp gehad het."
"Sal defnitief Die Krans, Calitzdorp aanbeveel vir 'n ligte maaltyd. Salig onder die wingerd met goeie diens en gas vryheid en rustige musiek. Hulle Red Ruby is uit die boonste rakke. Bo-Plaas is 'n moet vir nog goeie port."
"Stilbaai is 'n fantastiese toerisme bestemming. Daar is vele dinge om te doen, behalwe die long white beaches wat op kan loop. Ek is super impressed met Stilbaai #PlacesThatRock."
"Maak seker dat jou verblyf op Franschhoek lank genoeg is. Doen minstens een van die roetes met die wyntrem en sorg dat julle 'n minimum van twee dae het om net in en rondom die dorp rond te ry en al die mooi plekke te besoek. Voorwaar 'n bestemming wat mens herhaaldelik kan besoek!"
"Darem net die mooiste plek op aarde met die vriendelikste mense. Dink nie daar is plek op hierdie aarde waar mens so naby mens se skepper voel as hier in die Kaap nie. Dis net awesome mooi en so skoon."
"Wonderlike dorp met heerlike klimaat. Dit is ook seker een van die netjiesste dorpe in ons land!"