Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35758 reviews.
"Vissermans wêreld. Winderig, maar klim in die kar en gaan ry rond. Daar is baie mooi plekke rondom ook."
"Knysna is baie sentraal geleë vanwaar alle besienswaardighede besoek kan word. Uitstekende bestemming wat jou iets van alles bied naamlik: berg, see en woud. Ook verskeie aktiewiteite vir die avontuurlustige. Ook talle restaurante in die omgewing om van te kies na elkeen se smaak."
"Baie oulike plek, laat my aan Dullstroom dink. Sal definitief weer teruggaan om weer die pas te ry en al die plekkies te besoek."
"The Cape is just amazing. Love the local people best. Respectful and hardworking."
"Robertson is a lovely destination, everyone is so friendly and accommodating. The wine farms are all embedded in its own unique natural surroundings and openly available for all. Definitely a place to revisit."
"Baie lekker vakansie gehou in Knysna, sentraal geleë tussen Plet, Tsitsikamma asook George en Mosselbaai."
"Lieflike strande wat ongelukkig nie toeganklik was agv Covid nie. Die zipline was ‘n treffer. Die akwarium daar is baie teleurstellend vir toegang wat betaal moet word."
"George is nie meer George nie. Mosselbaai is vir seker die beter opsie vir jong familie."
"Route 62 beslaan 'n hele paar dorpe waar onder Ladismith een van hulle is. Wat wel vir my 'n kommer is dat daar nie meer gedoen word vir toerisme vir die streek nie. Daar was nêrens regtig vir my 'n fokus gewees oor die wynverbouing of die vrugteverbouing in die omgewing nie. Tensy jy by 'n padstal stil hou nie."
"Tensy jy belangstel in wat gebeur het met die Laingsburgvloed kan ek nie sien dat Laingsburg as toerismebestemming bemark word nie."
"Worcester is 'n baie warm maar rustige plattelandse dorpie. Die dorp self is baie skoon met vriendelike gesigte regdeur. Ideaal vir 'n naweek wegbreek weg van 'n besige stad gejaag."