Verified Reviews

Witsand

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Witsand

Rated 4.6 out of 5 based on 389 reviews.

Witsand

Barnacles

"Die winkeltjies is net so bietjie baie duur, maar die nodige kry jy daar."

Witsand

Ferdi-Sue Accommodation

"Te min eetplekke."

Witsand

Seehuisie

"Ons het by verskeie restaurante geëet, maar hulle kos is werklik pateties. Geen oesters en vars vis beskikbaar nie, terwyl Witsand veronderstel is om daarvoor bekend te wees. So, as jy op Witsand gaan kuier, neem vir jou lekker vars vis, oesters en mossels saam uit die Kaap en vergeet van die restaurante."

Witsand

Seehuisie

"Baie mooi, skoon en kon tonne walvisse sien!"

Witsand

@ The C right in front on the C

"Witsand, in my opinie, is 'n ongeslypte diamant. Die area se walvistelling is elke jaar hoër as Hermanus, en hulle spog as die 'whale nursery' van die kuslyn. Ons het dit inderdaad so beleef. Dis 'n klein kusdorpie, met 2 winkels, 'n klein kerkie, 2 restaurante teen die strand en vakansiehuise. Dit is verseker pretensieloos aan die ou kant, maar soos by meeste plekke is dit effens bederf met 'n nuwe landgoed ontwikkeling by die ingang van die dorp. Uit 'n ontwerpsoogpunt voel die dorpie effens perongeluk. Daar is min in die lyn van bakens, of enigiets wat as leidraad dien om jouself te oriënteer. In hierdie geval dink ek Witsand het potensiaal om 'n bestemmingsdorpie te word met egte bekoorlikheid. Witsand se mense, aan die ander kant, is baie vriendelik en aangenaam, en trots op hulle dorpie. Ons sal verseker teruggaan."

Witsand

Suzys Accommodation

"Oulike, rustige plekkie langs die kus. Maar, mis 'n bietjie "magic" van ander kusdorpies soos Stilbaai of Arniston."

Witsand

Barnacles

"Ek besoek dit enige tyd weer."

Witsand

Barnacles

"Ek beplan om 'n vakansiehuis daar te koop."

Witsand

Suzys Accommodation

"Pragtige, rustige stranddorpie met lieflike strand en rivier."

Witsand

Ittledoo

"Baie skoon plek en sal vriende aanraai om te gaan besoek."

Witsand

Whale Watchers Inn

"Witsand is pragtig, maar definitief vir hengel. "

Witsand

Barnacles

"Baie lekker blyplek. Vriendelike mense."

Witsand

Suzys Accommodation

"Nie veel om te doen nie, behalwe as jy 'n hengelaar is. Ver van naaste dorp. Pragtige natuurskoon en veilig plek vir wandelings."

Witsand

Beachcomber Holiday Apartments

"Baie rustige plek, gaan daarheen om te rus."

Witsand

Seehuisie

"Witsand moet net sy ongekommersialiseerde karakter behou. Dit is werklik 'n plek wat jou siel lawe."

Witsand

Kite View 1

"It's a beautiful town! People are all very friendly."

Witsand

Suzys Accommodation

"Amazing, peaceful and definitely a place to visit if you need to relax away from the hustle and bustle of everyday life. "

Witsand

Beachcomber Holiday Apartments

"Rus vir die siel en lekker visvang geleenthede."

Witsand

Lawaaiwater

"Klein vakansieplekkie, ideaal vir mense wat watersport, natuur of visvang geniet. "

Witsand

Barnacles

"Witsand is 'n asemrowende mooi plek! 'n Juweel langs die kus. Pili Pili restaurant kan beslis aanbeveel word, hulle diens is puik en die kos heerlik! Hierdie dorpie sien my beslis elke jaar vir vakansie."

Witsand

Suzys Accommodation

"Netjies, veilig, vriendelik."

Witsand

Ferdi-Sue Accommodation

"Pragtige strand en ons het lekker gekuier."

Witsand

Kite View 1

"Ongerepte natuurskoon."

Witsand

Suzys Accommodation

"Dit is so rustig, jy sal nooit weer wil terugkeer na die stad se gejaag nie."

Witsand

Suzys Accommodation

"Witsand is ideaal as mens van die stedelike gewoel wil wegkom. In die omgewing is interessante plekke om te besoek: die pont by Malgas, de Hoop natuurreservaat, Infanta. Heidelberg het pragtige ou geboue en ' Aan de Kanaal' koffiewinkel is 'n moet. "

Witsand

Ferdi-Sue Accommodation

"Die allermooiste plek waar ons nog ooit was!"

Witsand

@ The Whales

"Surprised to find limited shops and other facilities."

Witsand

Barnacles

"Indien jy wil rus, rotshengel en seehengel per boot, is dit die plek vir jou. Daar is 'n restaurant op die see naby Barnacles en by Die Breederiver Lodge soos jy by Witsand inkom."

Witsand

Seehuisie

"Lieflike sandduine en oop strand. Heerlike plek vir die gesin om te ontspan."

Witsand

Barnacles

"Witsand het die heerlikste warm water met 'n verskeidenheid swemopsies - 'n getypoel, rotse vir snorkel, strand of rivier. Die weer was heerlik, behalwe vir een winderige dag. Ons sal graag weer wil gaan kuier! "

Page
Page 11 - Showing 301 to 330

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers