Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jena Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Jaar gelys 4
Opsomming van Resensie
Christopher J - Des 2022
Algehele gradering
Very friendly and accommodating.
Christell V - Jun 2022
Algehele gradering
Daar is nie genoeg sterre vir hierdie gastehuis nie. Die fyn afwerking, keurig en stylvol maar nog steeds huislik.
138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Dis vir ons hele span by 138 Marine Beachfront Gastehuis louter plesier om ons gaste te bederf trouens, ons dink ons het die lekkerste werk in die wereld. Ons geniet heeldag elke dag die see op ons voorstoep, die geselskap van mense van regoor die wereld, en dan nog boonop so 'n lekker kommentaar soos joune. Baie dankie daarvoor.
Die 138 Marine-span.
Elana S - Apr 2022
Algehele gradering
Heerlik.
Dorinda T - Jun 2021
Algehele gradering
Het ons siek ouers in hospitaal besoek. Gastehuis was uitstekend in alle opsigte, ook professioneel en tegemoetkomend met heerlike kos.
Trudie S - Mei 2021
Algehele gradering
Ongelooflike diens en plek!
138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Dit is altyd louter plesier om die ekstra myl vir ons gaste te stap! Dis presies waarvoor ons hier is, en wat ons werk so lekker maak. Kom kuier gerus weer!
Niël H - Des 2020
Algehele gradering
Lieflike uitsig met stilte en kalmte om lekker te kan rus. Top gehalte gasvryheid!
138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Hoe lekker om hierdie kommentaar te ontvang! Dis presies wat ons probeer skep vir ons gaste: rus, vrede, en kalmte weg van die elke dag se gewoel en werskaf. Kom kuier gerus weer!
Marton F - Des 2020
Algehele gradering
Rustig en ontspanne.
138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Jy gee 'n baie goeie opsomming: 'n kombinasie van stilte en die geruis van branders. Dis vir ons heerlik om gaste soos julle te ontvang en die ekstra myl te loop!
Esra S - Mei 2018
Algehele gradering
Wonderlik.
138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Dit was ons voorreg om julle 'n bietjie te bederf. Dis juis gaste soos julle wat ons werk hier oor en oor die moeite werd maak. Kom kuier gerus weer.
Die 138 Marine-span
Alvin M - Apr 2018
Algehele gradering
Pragtige venue met onverbeterlike uitsig oor die see en 'n onvergeetlike verblyfservaring.
Lees meer138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Dit is gaste soos julle wat ons inspireer om die ekstra treetjie te loop. Dit was louter plesier, en ons voorreg, om julle hier te ontvang. Kom kuier gerus weer hier by die see.
Die 138 Marine-span.
Deon S - Des 2017
Algehele gradering
Baie mooi en aangenaam.
Rotsaert Marie-christine B - Nov 2016
Algehele gradering
Fantastich verblijf, mooie lokatie, vriendelijk ontvangst, alles perfect.
138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Dit was ons voorreg om 5-ster gaste soos julle hier te ontvang! Baie dankie vir die positiewe terugvoer - dit gee ons nuwe motivering om altyd net steeds te verbeter! Die 138 Marine -span
Wilna E - Sep 2016
Algehele gradering
Absoluut fantasties.
138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Dis vir ons baie lekker om sulke kommentaar te lees! Dis mos waarvoor ons hier is: om toe te sien dat ons gaste elke oomblik van hulle verblyf in ons pragtige dorpie geniet. Baie dankie vir die terugvoer!
Die 138 Marine-span
Mariet B - Des 2015
Algehele gradering
Rustig.
138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir jou positiewe terugvoering! Dit lyk tog vir ons of jy effens besorg is omtrent die veiligheidsaspek van die Gastehuis? Miskien is dit omdat daar geen muur rondom die huis is nie? Ons wil jou graag gerusstel: in die 9 jaar sedert die huis gebou is, het ons nog nooit enige voorval gehad nie. Snags skakel ons 'n baie volledige alarm-stelsel aan, met 'beams' reg rondom die huis. Ons het ook 'n spesiale patrolliediens van ons plaaslike sekuriteitsfirma, 3 maal per nag. Daarbenewens het ons 'n baie aktiewe Buurtwag. Al hierdie maatreëls het tot gevolg dat ons en ons gaste baie rustig snags kan slaap!
Die Bestuur van 38 Marine Gastehuis.
Alouette K - Mrt 2015
Algehele gradering
Gasvry en vriendelik!
Bendri G - Des 2014
Algehele gradering
Goeie diens, ligging en baie netjies!
138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Dis vir ons heerlik om die gastehuis se verruklike ligging met soveel gaste te kan deel, en is bly dat julle dit geniet het! Dit maak tog min sin om dit net vir onsself te hou, nie waar nie? Julle is so welkom om weer te kom kuier!
Die 138 Marine-Span
Alan R - Okt 2014
Algehele gradering
Service with many smiles
138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Thank you so much for writing this review. We really appreciate your time and effort! Be assured that nothing gives us as much pleasure as ensuring that all our guests have a marvellous time in our little seaside village, and make some unforgettable memories along the way!
The 138 Marine Team.
Marthie B - Mrt 2014
Algehele gradering
Beste diens ooit! Gee aandag aan al die klein detail, om verblyf so aangenaam as moontlik te maak.
138 Marine Beachfront Guesthouse se terugvoer
Baie, baie dankie vir jou positiewe kommentaar. Dit gee ons hele span sommer weer die moed en motivering om ons bes te probeer om 'n onvergeetlike en unieke ervaring vir elke gas te skep!
Die 138 Marine-Span
- Kapasiteit: 13 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kusweg 138, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom