28 Chios Close

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

28 Chios Close is ‘n pragtige drieverdieping-selfsorgvilla in 'n stil doodloopstraat in Calypso Beach in Langebaan. Daar is 'n houtpaadjie wat na die strand lei wat die verblyf privaat en eksklusief maak. Calypso Beach is net 20 km van die Weskus-fossielpark, 47 km van Vondelingeiland-reservaat en 47 km van Postberg-blomreservaat af.

Die villa het slaapplek vir 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die voorportaal lei via 'n trap na die eerste verdieping waar daar 'n uitstekende see-uitsig is. Die leefarea het 'n gas-kaggel en 'n kroegarea met stapeldeure wat na 'n privaat houtdek lei. Die dek bied ’n pragtige uitsig oor Calypso Beach, Jutten-eiland en die Atlantiese Oseaan.

Die moderne oopplan-kombuis is met donker houtkaste, 'n oond, mikrogolf en graniettoonbanke toegerus. Daar is ook 'n privaat opwasarea en wasgoedkamer. 'n Platskerm-TV met satellietkanale en gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is ook 'n tripelmotorhuis met outomatiese deure.

Slaapplek

'n Bespreking by 28 Chios Close sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 28 Chios Close gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 117 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za