33 Santos Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

33 Santos Apartment is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou in Mosselbaai. Die woonstel is ideaal geleë oorkant dié pragtige Blouvlagstrand en dit is net 'n entjie se ry van winkels, restaurante en ander besienswaardighede in die area, af.

Dié smaakvol versierde woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n bad en stort en die tweede badkamer het 'n stort. Die woonstel is onlangs opgeknap en het nuwe matte en linne. Die goed toegeruste kombuis het al die toebehore om etes voor te berei en 'n wasmasjien om wasgoed te was.

Die sitkamer en hoofslaapkamer bied albei toegang tot 'n groot, privaat balkon waar gaste die uitsigte van die see en omliggende omgewing kan geniet. Daar is 'n gasbraai beskikbaar. Veilige parkeerplek vir voertuie is beskikbaar en die kompleks het 24 uur-sekuriteit.

33 Santos Apartment is ook stapafstand van die museumkompleks, restaurante en Mosselbaai se middedorp af.

Slaapplek

'n Bespreking by 33 Santos Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 33 Santos Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false