602 Infinity

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 9 nagte of langer is. Geldig vanaf 7 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

602 Infinity is 'n luukse selfsorgwoonstel op Bloubergstrand se seefront met 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan, Tafelberg, die stad, V&A Waterfront en Robbeneiland. Dit het deur die jare 'n gewilde keuse vir wittebroodpaartjies geword, wat 'n intieme onvergeetlike romantiese uitstappie-ervaring bied. Die ligging bied maklike toegang tot die Kaapse middestad, Kaapstad Internasionale Lughawe, talle wynlande, Kaappunt en verskeie ander besienswaardighede in en om Kaapstad.

Dié luukse selfsorgwoonstel spog met pragtige meubels en 'n retrostyl. Die slaapkamer het oorgenoeg kasspasie, 'n kluis en die sagste koninggrootte-bed met gehalte-linne. Daar is ook 'n moderne en suite-badkamer met 'n stort en bad. Elektriese komberse word ook voorsien. Die leefarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, Showmax en Netflix, 'n blêrkas van die 1950's, 'n radio, en CD- en iPod-speler.

Die intieme eetarea het 'n groot, omgewingsvriendelike kaggel. Die kombuis is volledig toegerus met 'n Bosch-oond en mikrogolf, SMEG-yskas en -vrieskas, SMEG-skottelgoedwasser, filterkoffiemasjien en 'n SMEG-broodrooster en ketel.

Gaste het toegang tot al die geriewe in die kompleks. Geriewe in die kompleks sluit 'n groot buite-swembad met 'n sondek wat oor die Atlantiese Oseaan uitkyk, 'n verhitte binne-swembad en 'n binnenshuise gimnasium en joga-kamer, muurbalbane, selfhelpwassery en braaigeriewe met sitplek in. Daar is aangewese gratis kelderparkeerplek met geslotekringtelevisie. Gratis hoë spoed WiFi is beskikbaar.

The Doodles Restaurant, Primi Piatti, News Café, Ocean Basket, Catch 22 en Pakalolo Beach Bar is maar 'n paar minute se stap van die kompleks af. Daar is talle restaurante en winkels in die omgewing. Eden on the Bay is 2 km weg, en gaste kan skemerkelkies by MOYO Restaurant of 'n yskoue bier op die gras by Blue Peter Hotel geniet.

Blouberg se strandfront is bekend vir die ideale watersport-toestande, en is as een van die wêreld se top-vlieërbranderryplekke bestempel. Die strand strek na albei rigtings wat ideaal is vir gaste wat wil wandel of oefen op die strand.

Slaapplek

'n Bespreking by 602 Infinity sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Portugees

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 602 Infinity gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 295 R1 166 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af vir verblyf wat 9 nagte of langer is. Geldig vanaf 7 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]