Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nûach Luukse Suites

Selfsorg
Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Mei 2024 tot 29 Aug 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Derdelaan 684, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 225 R1 103 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Nûach Suites beteken "plek van rus" en bied luukse verblyf in die pragtige wildernis waar gaste 'n rustige vakansie kan geniet.

Hierdie 2 suites kan apart of saam bespreek word. Elke ruim suite het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer, 'n semi-selfsorgkombuisie, 'n leefarea en 'n groot balkon waar gaste 'n koppie koffie kan drink of aan 'n glasie wyn kan teug. ’n Effektiewe rugsteun-batterystelsel verseker dat die WiFi, TV, ligte en sekere muurproppe te alle tye werk.

Gaste kan in die gemeenskaplike leesarea op die gemaklike rusbank ontspan en verskeidenheid boeke lees. WiFi word voorsien en veilige parkeerplek is beskikbaar. Elke suite het 'n werkstasie met 'n kragpunt vir rekenaars.

Wildernis bied 'n verskeidenheid aktiwiteite vir natuurliefhebbers, soos staproetes, fietsry en swem in die riviere, mere of see. Roei en valskermsweef is ook baie gewild. Die kilometers lange wit strande is 'n vakansieparadys vir swem, visvang en stap.

Wildernis en Sedgefield bied 'n rits restaurante, 'n Spar, apteek, mediese dokters, vulstasies en verskeie kleiner winkels waar allerhande kunswerke en snuisterye te koop is. Die markte in Sedgefield, Hoekwil en George op Saterdae en Sondae is beslis ook 'n besoek werd.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 8 resensies vir Nûach Luukse Suites
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Charles Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 8

Maande gelys 11

Ligging

  • Derdelaan 684, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nûach Luukse Suites het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 225
R1 225 R1 103
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 225
R1 225 R1 103
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Derdelaan 684, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbd6d6fb419e8bbc756a80e783f0e3039379d2112932909a91a5bd31e646e67c6c122424e833142f05a1c3b515498784e5732?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 225 nouVanaf R1 103 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 684 3rd Avenue Wilderness 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 12:00 -33.998768495939 22.630452337167
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem