9 de Wet Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

9 de Wet Street is op die Eiland in die kusdorpie Sedgefield tussen George en Knysna geleë. Die Eiland is 'n veilige hawe vir voëls, skilpaaie en ander diertjies. Sedgefield grens aan die Goukamma Natuurreservaat en die Wildernis Nasionale Park, so daar is oorgenoeg geleenthede vir voëlkyk, wandelinge deur die inheemse plantegroei en baarshengel by die Groenvleimeer.

Die verblyf word aangebied in die hoofhuis met 3 slaapkamers en dan is daar ook 2 woonstelle wat elkeen oor en suite-kamers beskik. Daar is parkeerplek op die perseel, wasgoedgeriewe en braaigeriewe beskikbaar. Die hoofhuis bied slaapplek aan 10 gaste en die woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kindertjies.

Die huis is stapafstand van die bekende Wild Oats Plaasmark en die Swartvleimeer af waar gaste kan visvang, swem en op kano's kan vaar. Die Swartvlei- en Myoli-strande is net 5 minute se ry weg.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 9 De Wet Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]