Myoli Strand Akkommodasie by Afrovibe Beach House | LekkeSlaap
+20

Afrovibe Beach House

4 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 53, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R470 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Die Afrovibe Beach House is die ideale bestemming vir diegene wat op soek is na 'n ontspanne, gerieflike wegbreekbestemming. Dit is slegs 80 m vanaf een van die ongelooflikste kuslynstroke in die Tuinroete geleë. Afrovibe Beach House dien as 'n huislike en vreedsame basis, waarvandaan verskeie besienswaardighede van hierdie streek verken kan word.

Al die kamers is eenvoudig, dog smaakvol ingerig, met kraakwit beddegoed van katoen perkallinne. Elke eenheid beskik oor 'n televisie met DStv-kanale en gratis WiFi-toegang. Verblyfopsies, waarvan almal en suite is, sluit 2-enkelbedkamers, 2 gesinskamers en 2 selfsorg-eenhede met al die nodige geriewe in.

Die gastehuis spog met 'n groot agtertuin en 'n aanloklike swembad, wat met hemelse sonstoele omring word. Daar is braaigeriewe asook 'n onthaalarea buite. Een van jou gashere is die vrolike en liefdevolle vierpotige staffie Bella, wat jou onmiddellik sal laat tuis voel.

Indien jy op soek is na verblyf wat die toonbeeld van 'n luilekker strandleefstyl is, is Afrovibe Beach House dié plek vir jou.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 4 resensies vir Afrovibe Beach House
Netheid
4.8/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Claude Urban-rylaan 53, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Afrovibe Beach House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R470
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R470
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 53, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZiNGJjNTY4LWJkMWItNGFkZi1hMzliLWQyNmE5OThjNTYyMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R470  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 53 Claude Urban Drive Sedgefield 6573 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.0353298 22.8088349
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za