Agape Danabaai

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Agape Danabaai is 'n selfsorgwoonstel in Danabaai wat slaapplek aan 6 persone bied. Die woonstel is toegrus met 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër en wasmasjien.

Die eenheid is op die grondvlak geleë op die rand van 'n lowerryke kloof wat strek tot waar die branders breek. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke kamer bevat 'n dubbelbed. Die een badkamer het 'n bad en 'n stort; die ander net 'n stort. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond en 'n yskas. Gaste kan hul maaltye in die eetkamer by die etenstafel met sitplek vir ses persone geniet. Eenkant in die eetarea is 'n slaapbank vir 2 ekstra persone. Die sitkamer is ingerig met 'n TV met DStv.

Veilige parkeerplek word voorsien. Let asb. daarop dat die eienaars op die perseel woonagtig is.

Danabaai is net 8 km van Mosselbaai af waar gaste verskeie doendinge soos hengel, voetslaan, bergfietsry, 4x4-roetes en besienswaardighede soos die Bartholomias Dias Maritime Museum, Kaap St Blaize-vuurtoring, die Tuinroete-kasino en vele meer sal aantref.

Slaapplek

'n Bespreking by Agape Danabaai sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Agape Danabaai gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za