Avalon Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Avalon Gastehuis is 'n bekostigbare en moderne "executive" instansie net 'n kort entjie vanaf winkelsentrums, strande, 'n verskeidenheid restaurante, kroeë en klubs. Dit is ook net 12 km suid van Durban Internasionale Lughawe. Ons is op 'n heuwel hoog bo Amanzimtoti geleë en bied asemrowende uitsigte oor die Indiese Oseaan en die luisterryke plantegroei in die vallei onder ons.

Verblyf word aangebied in 8 slaapkamers met lugversorging. Uit die 8 kamers het 7 dubbelbeddens en 1 het 2 enkelbeddens. Al die slaapkamers het hul eie en suite-badkamers wat ingerig is met storte. Meeste van die slaapkamers het hul eie privaat ingange en 3 van hulle kyk uit oor Hutchinson Park. Die kamers word daagliks skoongemaak.

Die gemaklike eetkamer, waar 'n heerlike volledige Engelse ontbyt as 'n buffet bedien word, en ons eerlikheidskroeg propvol voorraad verseker gerieflike verblyf op sy beste. Geriewe en dienste sluit in: 'n kroeg binne, 'n rotspoel-swembad, braaigeriewe, kredietkaartgeriewe, lughawe- en dorp-pendeldienste, wasgoeddienste en aandete op versoek.

Amanzimtoti bied asemrowende wit, prentjiemooi sandstrande met vele veilige swemplekke en die beste rots-, kus- en diepsee-visvanggeleenthede. Al ons strande is veilig vir swem met haainette, wye sand-areas en kalm strandmere. Winklespruit, Inyoni Rocks en Pipeline Beach is perfek vir die hele gesin. Of jy nou in die see swem, visvang, branderplankry of vlugbal op die strand wil speel, hier is iets wat elkeen sal besig hou!

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Avalon Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R833 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false