Caledon Lê Plekkie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Caledon Lê Plekkie is 'n gerieflike tuinwoonstel/gastekamer apart van die woonhuis en heeltemal privaat met 'n lekker kuierstoep wat uitkyk oor 'n klein tuintjie. Daar is 'n koffie- en teemaakgeriewe en beskuit in die kamer. Die badkamer is apart van die kamer en daar word vars handdoeke voorsien.

Die woonstel is ook deel van 'n oopplan-selfsorgeenheid wat ingerig is met met 2 enkelbeddens (wat ook as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word op aanvraag).
Verder is daar 'n yskas, mikrogolfoond, induksiestofie, potte, ’n pan en DStv. Indien gaste dit so bespreek, deel die persone die badkamer met die gastekamer se gaste.

Daar is ook binne- en buitebraaigeriewe. Jy hoef slegs jou eie hout, vuuraanstekers en dit wat jy wil braai saam te bring.

Die woonstel kan op sy eie bespreek word, of die hele eenheid kan as selfsorg bespreek word. Vra dit net so aan met bespreking.

Daar is onderdakparkeerplek in die agterplaas, veilig agter 'n elektroniese hek.

Daar is ook 2 slaapkamers in die huis beskikbaar wat elk ’n badkamer het. Die kamers word met bespreking afgesluit van die res van die woonhuis en daarom is gaste heeltemal privaat met toegang tot 'n leefarea en die hoofhuis se kombuis met eetgerei, breekware, 'n mikrogolfoond, eetkamertafel en klein sitkamer. Gaste kan ook van die braaigeriewe gebruik maak indien dit vooraf met die eienaar gereël word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Caledon Lê Plekkie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za