Cycasia Lodge
Kry 15% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 25 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs P71 St Elmos, Umzumbe, Anerley, 4236, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R550R468 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cycasia Lodge is 'n groot dubbelverdiepinghuis wat selfsorgverblyf in Umzumbe bied. Die perseel van amper 3 ha bestaan uit tropiese tuine en bos, en is net 1 km van Umzumbe se Blouvlagstrand af. Cycasia Lodge is sowat 7 km vanaf Hibberdene en 17 km vanaf Port Shepstone geleë.
Die huis kan verdeel word in 3 eenhede: 'n hoofslaapkamer vir 2 gaste, 'n hoofhuis vir 6 gaste, en 'n woonstel op die boonste verdieping vir 4 gaste. Elke eenheid het sy eie kombuisgeriewe. Al 3 hierdie eenhede het saam slaapplek vir 14 gaste - 10 volwassenes en 4 kinders.
Verder is daar ook 4 aangrensende tuineenhede wat elkeen slaapplek vir 2 gaste het. Die eenhede het elkeen hul eie kombuisie, maar deel 'n stoep. ’n Addisionele bed vir 1 kind of volwassene kan by Eenheid 1 en 4 gevoeg word.
Die woonstel bo die huis het see-uitsigte oor die boomtoppe in die verte en die huis, woonstel en wittebroodsuite het 'n groot kuier- en swembadarea. Daar is ook 'n dieptuin vir funksies of troues. Die verblyf is ideaal vir ’n groot familie-groep wat saam wil vakansie hou, maar ook hul eie privaatheid wil hê. Gratis WiFi is beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Gillian Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 35
Jare op LekkeSlaap 6
Ligging
- Langs P71 St Elmos, Umzumbe, Anerley, 4236, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Cycasia Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Umzumbe Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 25 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs P71 St Elmos, Umzumbe, Anerley, 4236, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom