Da Gama's Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Da Gama's Cottage is ’n volledig gemeubileerde vakansiehuis in die kusdorpie St Helenabaai. Snoektyd is vanaf April tot Augustus, so gaste kan gerus elke middag vars en gevlekte snoek by die kaai gaan koop!

Die huis is op ’n heuwel en bied ’n pragtige see-uitsig met die berge in die verte. Daar is 'n 1 kilometer grondpad bo-op die berg tot by die kothuis. Die naaste strand is 7 minute se ry met die bult af. Ontspan soggens met 'n koppie boeretroos en sien die son oor die Piketberge en baai opkom.

Die huis bied slaapplek aan 4 gaste in 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede een het 2 enkelbeddens. Albei badkamers is en suite met ’n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het ’n yskas-vrieskas, gasstoof, gasoond, gasketel, mikrogolfoond en kooktoebehore. Daar is 'n ruim stoep met beskutte braaigeriewe en veilige parkeerplek. Daar is nie 'n TV nie. Warm water word deur die sonpanele voorsien en gryswater word in die tuin gebruik.

Besienswaardighede in die omgewing sluit veilige swemstrande en Shelley Point Gholfklub in, en daar is doendinge soos visvang, fietsry en voetslaan. Dorpe soos Paternoster en Langebaan is 'n klipgooi ver. Gaan op 'n bootrit op die Bergrivier oorkant die baai of besoek die Cederberge en verwonder jou aan unieke rotstekeninge.

Slaapplek

'n Bespreking by Da Gama's Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Da Gama's Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]