Die Dolfyntjie
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Essenhoutlaan 86, Hartenbos Heuwels, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R420 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Die Dolfyntjie is 'n goed toegeruste en bekostigbare selfsorgeenheid. Hartenbos Heuwels is naby hooftoegangsroetes en die N2. Die Dolfyntjie is in 'n rustige area op die prentjiemooi Tuinroete tussen Kaapstad en Gqeberha (Port Elizabeth). Hartenbos hoofstrand is maklik toeganklik en ongeveer 2 km ver.
Die woonstel bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaapkamer het matte, 'n dubbelbed, kaste van muur tot muur met 'n ingeboude spieëlkas. Daar is 'n gestoffeerde gemakstoele in die oopplan-leefarea. Die leefarea en slaapkamer het plafonwaaiers. Linne word voorsien, maar gaste moet asb hul eie handdoeke saamneem.
Die leefarea het ook 'n platskerm-TV met Openview-kanale. Kaarte en dominoes is beskikbaar.
Daar is 'n oopplan-kombuis wat volledig met 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tafel en bankies toegerus is. Daar is voldoende breek- en messegoed, snyplanke, elektriese klitser en ander kombuis toebehore vir 2 gaste.
Die woonstel het 'n badkamer met 'n stort, wasbak met kassie onder en 'n spieël bo dit en 'n toilet. Let asb. dat handdoeke nie voorsien word nie.
Die eenheid het 'n privaat ingang, apart van die hoofhuis waar die bestuurder woon. Parkeerplek is op n geplaveide area beskikbaar, weg van die straat af.
Daar is 'n buitewasbak om swemklere te spoel en 'n wasgoedlyn. 'n Buitebraai is beskikbaar.
Daar is verskeie aktiwiteite vir die hele gesin soos swem in die see. By die waterfront is daar 'n warmwaterswembad, oop swembad, putt-putt-bane en restaurante. Vanaf Mosselbaai-hawe word diepseehengel, bootvaarte en haaihokduik bedryf. Durf die nuwe zipline aan wat 'n kilometer oor die see strek by Mosselbaaipunt.
Daar is ook ander doendinge soos verskeie wildplase, helikopterritte, natuurritte, die Redberry Farm naby George en verskeie gholfbane in die area. Gaste kan ook na Wildernis ry en die Kaart van Afrika besoek. Bespreek doendinge soos vierwielmotorfietsritte, verfbal, kajak en tandem-valskermsweef gedurende Desember. Of gaan probeer sandplank op die langste duin in Suid-Afrika, The Dragon. Die Kangogrotte in Oudtshoorn is ook 'n gewilde doending.
Slaapplek
’n Bespreking by Die Dolfyntjie sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- Essenhoutlaan 86, Hartenbos Heuwels, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Die Dolfyntjie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Essenhoutlaan 86, Hartenbos Heuwels, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18