Hartenbos Akkommodasie by Divvies Holiday Home | LekkeSlaap
+22

Divvies Holiday Home

Selfsorg
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hannes Pienaar-straat 11B, Bay View, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Divvies Holiday Home is 'n pragtige selfsorghuis in Bay View, 'n stil buurt in Hartenbos. Daar is verskeie Blouvlagstrande, 'n strandfront-waterpark, fantastiese ontspanningsgeriewe en walvis-, dolfyn- en robkykgeleenthede in Hartenbos.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste in 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die ander slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Een is op die grondvloer en die ander 2 is op die eerste verdieping. Die slaapkamers bo maak van 'n gedeelde badkamer gebruik terwyl die slaapkamer onder sy eie badkamer het.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en kookgerei toegerus en die opwasarea het 'n skottelwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die huis het 'n leefarea bo met 'n binnebraai-area, pooltafel en toegang tot 'n balkon met 'n gedeeltelike see-uitsig. Daar is 'n tweede leefarea met 'n TV, DStv en 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste onder. Die huis het ook parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis en op die perseel.

Die huis is naby die strand waar gaste watersport soos swem, visvang, walviskyk, bootry, seil, kanovaarte, skubaduik en haaihokduik kan geniet.

Slaapplek

’n Bespreking by Divvies Holiday Home sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Ligging

  • Hannes Pienaar-straat 11B, Bay View, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hannes Pienaar-straat 11B, Bay View, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAmd5KMYCOqMAHMPZJbVwvviQgpnWUdVUvIWOt1HK0e7vgBuz3PN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 8) 11B Hannes Pienaar Street Bay View 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.1405433 22.1106062
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za