D's Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

D's Lodge is in Maclear in die Oos-Kaap geleë en dit bied gerieflike verblyf wat perfek is vir vakansiegangers, sakereisigers en mense wat op soek is na oornagplek.

Die verblyf word in 3 eenhede aangebied wat elkeen oor 1 slaapkamer en 'n privaat badkamer beskik. Die slaapkamers bied elk 'n koningingrootte-bed en die badkamers bevat elkeen 'n stort, toilet en wasbak. Linne en handdoeke, elektriese komberse en 'n verwarmer word voorsien.

Die leefarea het 'n bykomende driekwartbed om 'n derde gas te akkommodeer en daar is ook 'n muurgemonteerde platskerm-TV met DStv-kanale.

Die kombuis is toegerus met basiese selfsorgfasiliteite, insluitende 'n yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Daar is ook privaat braaigeriewe vir gaste se gebruik beskikbaar. Die eiendom het 'n sekuriteitsheining en daar is veilige parkeerplek op die perseel. Elke gas kry 'n afstandbeheer vir die hek sodat hulle na willekeur kan kom en gaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Forelhengel

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na D's Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R575 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za