Eikehoff Apartment by Cape Summer Villas

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Sep 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Eikehoff Apartment by Cape Summer Villas is 'n stylvolle selfsorgwoonstel in 'n kompleks in Stellenbosch. Die woonstel is ideaal vir 'n paartjie of 3 gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie besienswaardighede in die Kaapse Wynlande.

Dié luukse woonstel het lugversorging, is smaakvol versier en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is toegerus met 2 ekstra lang enkelbeddens wat omskep kan word in 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, wasbak en toilet. Die leefarea is oopplan en die kombuis is volledig toegerus met al die nodige toebehore en meer waarvan gaste gebruik kan maak.

Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, 'n slaapbank, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Skuifdeure lei na 'n balkon, met braaigeriewe en lieflike uitsigte oor die omgewing. Eikehof Villa by Cape Summer Villas is binne loopafstand van verskeie winkels, restaurante en museums af.

Veilige ondergrondse parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig. Die perseel is ook net 'n kort entjie se ry vanaf verskeie wynplase, 'n aarbeiplaas en ander besienswaardighede in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Eikehoff Apartment by Cape Summer Villas sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Dienste

  •  Telefoon

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eikehoff Apartment By Cape Summer Villas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 R1 200 per nag (plek vir 2)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Sep 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za