6 gaste
2 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Beach Boulevard, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Estoril 35 is 'n selfsorgwoonstel in Diaz in 'n veilige kompleks in Mosselbaai. Hierdie gewilde dorp is vir sy stewelvormige poskantoor, die gewilde Garden Route Casino, lang goue strande en verskeie natuurlike, kulturele en historiese besienswaardighede bekend.
Die woonstel op die vierde verdieping bied slaapplek aan 4 gaste, beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers en spog met 'n lieflike uitsig oor die see en waterpark. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n slaapbank in die TV-kamer vir 2 ekstra gaste teen 'n ekstra koste. Die apart badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is ten volle toegerus met yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien en tuimeldroër. Die oopplan-leefkamer het gemaklike rusbanke, 'n tafel met sitplek vir 6 en 'n Tv met 'n mediaboksie. Gratis WiFi en 'n omsetter is beskikbaar. Die sitkamer lei na 'n balkon met 'n see-uitsig, en gasbraaigeriewe en sitplek.
Daar is verskeie doendinge in Mosselbaai, soos diep see visvang, haaihokduik, skeepwrakduik, bootry, rekspring en vryval.
Diaz se waterpark met waterwurms en 'n glyplank is skuins oorkant die woonstelblok, asook die strandkroeg waar maaltye bedien word.
Gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad. Die verblyf is slegs 5 minute se stap vanaf die waterpark en die see.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Juanita Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 45
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Beach Boulevard, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink Estoril 35 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Beach Boulevard, Mossel Bay, 6506, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang