Glentana Akkommodasie by Glentana Views | LekkeSlaap
+24

Glentana Views

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kusstraat 14, Glentana, George, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 529 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Glentana Views bied gehalteverblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende in Glentana. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het ook 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Daar is 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware in die kombuis.

Die sitarea het gerieflike sitplek en 'n TV met DStv. Daar is genoeg sitplek in die eetarea. Let asb. dat die perseel nie WiFi het nie.

Daar is braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.

'n Pragtige, stil strand is net 'n klein entjie se stap ver. 'n Bababedjie is op versoek beskikbaar.

George is bekend as die halfpadmerk tussen Kaapstad en Port Elizabeth. Dit het wêreldklas-gholfbane en pragtige landskappe wat wissel van berge en woude tot strande en lowerryke tuine. Glentana is net 'n kort entjie se ry van die middestad met sy besige sakekern.

Die streek is 'n lushof vir natuurliefhebbers en avonturiers met iets vir almal om te doen. George bied ook baie gesinsvriendelike doendinge soos 'n unieke treinrit deur die Outeniekwapas. Kom geniet die streek se woude, watervalle, tonnels, voël- en dierlewe en panoramiese uitsigte.

Slaapplek

’n Bespreking by Glentana Views sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Kusstraat 14, Glentana, George, 6525, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 529
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 529
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kusstraat 14, Glentana, George, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA063ffc6b4b974ff1de2fc8795ada7cfc4c3c134f52e8ccce8c48c69ddd569af3d11b4092ab5d36c975081cfdb51cea74c296?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 529  per nag (plek vir 6) Kus Street Glentana 6525 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-17:00 11:00 -34.0500509 22.3114937
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za