Hartenbos-Landgoed 43
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hartenbos-Landgoed, Hartenbos, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 600 per nag (vir 6 persone)
Beskrywing
Hartenbos-Landgoed 43 is 'n lieflike drieslaapkamer-vakansiehuis met slaapplek vir 6 gaste in 'n sekuriteitskompleks in Hartenbos, Mosselbaai. Die huis het 2 slaapkamers met lugversorging en 1 kamer met 'n waaier, en is ten volle toegerus vir selfsorgverblyf - die ideale verblyf vir 'n groep vriende of 'n gesin op soek na 'n rustige wegbreekplek naby aan 'n verskeidenheid doendinge op die Tuinroete.
Die huis het 3 ruim slaapkamers en 2 badkamers met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed, klerekas en 'n spieëltafel. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens, 'n uittrekbed vir 'n derde persoon, en die derde slaapkamer met 2 driekwartbeddens. 2 van die kamers het lugversorging en 1 kamer het 'n waaier. Die huis het ook 'n moderne kombuis wat toegerus is met al die geriewe wat jy nodig het om lekker kos te maak. Daar is graniettoonbanke, 'n yskas-vrieskas, 'n diepvrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof met 'n oond, 'n skottelgoedwasser, 'n tuimeldroër en 'n wasmasjien.
Die sitkamerarea bied netjiese en gemaklike sitplek, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Daar is 'n binnebraai en oop stoep-area. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad en trampoliens in die kompleks. Hartenbos-Landgoed 43 is net 'n kort entjie se ry van verskeie soorte vermaak en doendinge af. Onder meer Blouvlagstrande, 'n waterpark teen die strand, 'n puttbaan en nog baie meer.
Die tarief word per persoon uitgewerk en geen ekstra persone sal toegelaat word nie, tensy dit vooraf gereël is. 2 gaste word per kamer toegelaat en die ander slaapkamers sal gesluit word.
Daar mag nie meer as 2 voertuie per bespreking hier parkeer nie. Ekstra voertuie mag nie by die huis of op die grasperk parkeer nie. Karavane moet by die karavaanpark staangemaak word. Die Die motorhuis word vir wasgoedlyne en wasmasjiene gebruik.
Geen gaste jonger as 20 jaar word sonder ouer-toesig toegelaat nie. Minimum 2 gaste word per bespreking toegelaat.
Slaapplek
’n Bespreking by Hartenbos-Landgoed 43 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hartenbos-Landgoed, Hartenbos, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Hartenbos-Landgoed 43 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hartenbos-Landgoed, Hartenbos, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom