KaiaMina at Hartenbos
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Essenhoutlaan 84, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag (vir 4 persone)
Beskrywing
KaiaMina at Hartenbos is 'n moderne woonstel wat goed ingerig is en in die rustige Hartenbos-heuwels geleë is. Kaiamina die beste van twee wêrelde: ons is naby (+-2,5km) die immergewilde Hartenbos-strandfront en dorpskern, maar ver genoeg van Hartenbos se vakansie-gewoel. Gaste kan na 'n bedrywige dag op die strand, by die winkels of langs die Tuinroete heerlik onder die sterre op die dek of langs die braaivleisvuur ontspan. Die eenheid is ook by belangrike toegangsroetes na Mosselbaai en Oudtshoorn en naby die N2 wat jou na Port Elizabeth, George en die Lughawe, Kaapstad en natuurlik die mooie Tuinroete sal neem.
Vanaf die dek bo die woonstel kan gaste ‘n lieflike uitsig op die Outeniekwaberge en oor die Hartenbosrivier geniet en daar is ook 'n beperkte see-uitsig.
Die eenheid het 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -slaaparea. Daar is dus nie 'n aparte slaapkamer nie. Die eenheid bied slaapplek vir 2 gaste op 'n dubbelbed. Daar is ook 2 enkelbeddens ('n dagbed met 'n onderbed). Die eenheid is meer geskik vir 2 volwassenes, maar het ook slaapplek vir 2 kinders of dan 3 volwassenes. Daar is ‘n volledige, aparte badkamer met 'n bad en 'n stort. Let asb. daarop dat ons nie handdoeke voorsien nie, so gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met 'n tweeplaatstoof en 'n oondjie, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster (4-sny-funksie) en ‘n koffiemasjien.
Daar is ook 'n buite-wasbak waar gaste hul swemklere kan uitspoel en seesand kan afspoel. 'n Wasgoedlyn en wasgoedrak is beskikbaar.
Geriewe sluit lugversorging, 'n handwapenkluis, gratis WiFi en 'n TV met die DStv-familiepakket in. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder saam te bring. Daar is 'n ekstra lang HDMI-kabel vir enige toepaslike toestel. Gaste het toegang tot die dek, buitebraai-geriewe en 'n tuinstel.
Die eenheid is op die grondvloer voor die hoofhuis wat beteken dat gaste ongestoord kan kom en gaan. Onderdakparkeerplek is beskikbaar reg voor die woonstel. Die hele voortuin is ook beskikbaar vir gaste se privaat gebruik.
Ons bied 'n wasgoeddiens teen addisionele koste. Indien vooraf gereël, verskaf ons 'n basiese wegneem-ontbytpakkie teen ekstra koste.
Die woonstel is ongelukkig nie troeteldiervriendelik nie.
Verhuring is reg deur die jaar beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by KaiaMina at Hartenbos sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Essenhoutlaan 84, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink KaiaMina at Hartenbos het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Essenhoutlaan 84, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom