Karoodorp Strandhuisie

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Karoodorp Strandhuisie is in die hartjie van Hartenbos en sowat 300 m vanaf die lieflike strand, die gewilde ATKV Hartenbos Strandverhoog en die ATKV Amfiteater.

Dié ou opslaankothuis is basies gemeubileer vir 'n ontspannende wegbreek en bied slaapplek aan 6 gaste, kinders ingesluit. Die kothuis het 2 slaapkamers en 1 badkamer.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 'n enkelbed en 'n stapelbed. Daar is 'n slaapbank vir 1 gas in die sitarea. Die badkamer het 'n klein stort en toilet, warm water word deur 'n gasgeiser voorsien. Gaste moet asb. hul eie badmatjie, handdoeke, klerehangers, lakens, duvets, kussings, linne en ekstra komberse saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n etenstafel. Gas en elektrisiteit word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie potjiekospot, vadoeke en skoonmaakmiddels saambring.

Die sitarea het 'n klein TV en 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hul eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saambring.

Daar is 'n draagbare braai, braairooster, plastiektafel en stoele buite, maar gaste moet hulle eie sonsambrele saambring. Oop parkeerplek vir 'n voertuig en waentjie is agter die huis beskikbaar. Ekstra gaste word nie in 'n tent of karavaan toegelaat nie. Rook is verbode in Karoodorp Strandhuisie en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Die kothuis is ideaal vir gaste wat die dorp te voet wil verken en dis 600 m vanaf Hartenbos se seefront wat verskeie winkels, restaurante en die Waterpark bied.

Slaapplek

'n Bespreking by Karoodorp Strandhuisie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Karoodorp Strandhuisie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R890 R801 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za