Kerneelia Kothuis
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Stompdrift Dam-weg, Doornkraal, De Rust, 6650, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kerneelia Kothuis is 'n bekoorlike kothuis met 'n pragtige berg-uitsig op 'n Klein-Karoo-plaas naby De Rust. Dis ideaal vir 'n paartjie wat op soek is na verblyf weg van die besige stadslewe.
Dié romantiese kothuis beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Daar is ook 'n driekwartbed vir 'n derde gas in die leefkamer. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n ekstra toilet buite die kothuis.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Daar is vars melk en plaasbotter in die yskas en koffie- en teemaakgeriewe en beskuit in die spens. Die kombuis lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en braaigeriewe.
In die oggend word 'n spesiale ontbytmandjie afgelewer, met 'n varsgebakte item uit die plaas se hoofkombuis, seisoenvrugte en jogurt. Ook ingesluit is 'n flessie van Doornkraal se wyn en genoeg hout vir die duur van die verblyf.
Gaste kan op 'n verskeidenheid roetes perdry wat 'n goeie manier is om die omgewing te verken. Beginnerruiters is welkom. Staproetes en bergfietsroetes is ook volop in die omgewing.
Slaapplek
’n Bespreking by Kerneelia Kothuis sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Celia Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 30
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Stompdrift Dam-weg, Doornkraal, De Rust, 6650, Wes-Kaap
- Gaste dink Kerneelia Kothuis het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Stompdrift Dam-weg, Doornkraal, De Rust, 6650, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom