La Palma Villa 45

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Palma Villa 45 is in 'n veilige kompleks in Diazstrand, Mosselbaai geleë. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na verblyf naby verskeie doendinge.

Die woonstel het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien en oorgenoeg kasspasie vir breekware en eetgerei.

Die sitarea het 'n TV met DStv en bied toegang tot 'n toegeboude patio met braaigeriewe en 'n uitsig oor die see in die verte.

Veilige parkeerplek is beskikbaar. La Palma is naby die strand en net 'n paar minute se ry vanaf besienswaardighede, winkels en restaurante.

Slaapplek

'n Bespreking by La Palma Villa 45 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Palma Villa 45 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za