Laingsburg Country Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Laingsburg Hotel is oorspronklik in 1959 gebou en dié bekoorlike hotel in die hartjie van die Karoo bied die ideale oornagverblyf tussen Kaapstad en Johannesburg. Siende dat die hotel naby heelwat skilderagtige bergpasse en wingerde geleë is, sal gaste nie 'n tekort aan doendinge hê nie.

Elke kamer in die hotel beskik oor 'n en suite-badkamer, lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe en DStv om gerieflike en ontspannende verblyf te verseker. Dié hotel se kamers bied fantastiese verblyf in die platteland met moderne badkamers en ruim kamers. Die hotel verwelkom ook toergroepe en groepbesprekings.

Daar is 'n silwerskoon swembad waarin jy in die warm somer kan afkoel, of jy kan eenvoudig in ons pragtige, boomryke tuin met verskeie voëltjies en indrukwekkende versameling koivisse ontspan. Ontspan in die gesellige kroeg, wat met 7 verskillende tipes balkhout gebou is, nadat jy die langpad deur die vlaktes aangedurf het.

Laingsburg Hotel is ook die tuiste van 'n welbekende restaurant en koffiewinkel waar jy smullekker Karoolam-disse met 'n kenmerkende bossiegeur kan geniet wat in Kaapse styl voorberei is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laingsburg Country Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R945 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za