Langebaan Beach Towers
- Kapasiteit: 34 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Casosstraat 36, Calypso Beach, Langebaan, 7354, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 520 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Langebaan Beach Towers is op die privaat landgoed Calypso Beach in Langebaan en dit bied verblyf met 'n pragtige see-uitsig van die meeste kamers af. Dié seefront-eiendom is net 'n paar treë vanaf die strand met die perfekte golwe. Laguna Mall is net 1 km weg en die gewilde Mykonos-oord met 'n lekker atmosfeer, restaurante, bootritte en opwindende doendinge is stapafstand vanaf die eiendom.
Die knus gastehuis bied nie net 'n rustige en luukse wegbreek vir 2 nie, maar beskik ook oor gesinskamers en verblyf vir sakereisigers. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, haardroër en 'n hangkas. Gratis WiFi is beskikbaar. Elke kamer het sy eie badkamer en die meeste van die kamers het balkonne met see-uitsigte. Vars wit linne en badhanddoeke word voorsien.
Die gastehuis het 'n ten volle toegeruste kombuis en eetarea waar ontbyt, middagete en aandete op versoek beskikbaar is. Gaste kan in die sitkamer voor die kaggel ontspan of 'n skemerkelkie op die groot stoep geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Gwennifer Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 94
Jaar gelys 8
Ligging
- Casosstraat 36, Calypso Beach, Langebaan, 7354, Wes-Kaap
- Gaste dink Langebaan Beach Towers het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Calypso Beach Langebaan Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 34 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Casosstraat 36, Calypso Beach, Langebaan, 7354, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom