Lavender Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lavender Holiday Home is 'n gesinswoning met 'n warm atmosfeer en 'n pragtige uitsig oor die oseaan, hawe en die Outeniekwaberge.

Hierdie huis het 6 kamers en is ideaal vir 'n gesin of 'n groep. Daar is 'n aparte selfsorg-eenheid buite met 2 slaapkamers. 1 dubbelkamer met 'n badkamer. Alle kamers is dubbelkamers, waarvan 3 slaapkamers koninggrootte-beddens bied. 4 van die kamers het en suite-badkamers en die oorblywende 2 kamers deel 1 groot gesinsbadkamer.

Ons bied 2 stelle linne, maar gaste moet hulle eie handdoeke bring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en 'n skottelgoedwasser. Ons bied verder ook wasgoedgeriewe wat 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n strykyster insluit. Die sitkamer is gemaklik ingerig en sluit 'n TV met DStv in, 'n DVD-speler en 2 knus vuurmaakplekke waarvan een ook as 'n binnebraai kan dien. Gaste sal genot kan put uit die lieflike uitsig oor die oseaan en parkeerplek is ook in 2 motorhuise beskikbaar. Daar is parkeerplek vir nog ekstra voertuie agter 'n sekuriteitshek.

Lavender Holiday Home is naby al die belangrikste besienswaardighede geleë, soos inkopiesentrums, 'n gholfbaan en 'n privaat hospitaal. Net 10 minute se stap of 'n kort entjie se ry sal gaste by Santos-strand en branderplankry-plekke wees. Gaste kan ook die verskeie reservate en nasionale parke in die area besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lavender Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R9 000 per nag (plek vir 14)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za