Lazy Days

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lazy Days is 'n selfsorgvakansiehuis op die eiland in Sedgefield. Dis net 'n entjie van die strandmeer en skeepshelling af waar jy kan swem, visvang, kanovaar en bootvaar. Die gewilde Saterdag-markie is net 'n ejtie se stap en jy kan ook boetiekbierproe en lekker koffie drink.

Dié huis het slaapplek vir 6 op die boonste verdieping. Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad en stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf en skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n TV, DVD-speler en klankstelsel met verskeie flieks en reekse.

Die balkon bied 'n uitsig oor die omgewing en voëltjies kom kuier soms op die reling. Daar is ook stoepmeubels. Die motorhuis is onder.

Slaapplek

'n Bespreking by Lazy Days sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lazy Days gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za