Lizbe Akkommodasie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lizbe Akkommodasie is in 'n rustige, veilige doodloopstraat in die mooi, boomryke woonbuurt genaamd Waverley, een van Bloemfontein se gesogte noordelike voorstede geleë. Die gastehuis grens aan die voet van Naval Hill, 'n groot wildreservaat met springbokke, blouwildebeeste en 'n paar kameelperde. Lizbe is net 4 km van die N1 af wat dit ideaal maak vir moeë reisigers. Dit is ook net 15 km van die Bram Fischer Internasionale Lughawe en 2 kilometer van die hartjie van Bloemfontein af.

'n Tydjie by ons sal jou opnuut laat besef dat dit heel lekker kan wees om te reis. Ons is na aan 'n paar winkelsentrums, gholfbane, Loch Logan Waterfront, die Vrystaat Stadion en ander besienswaardighede. Oranje Meisieskool is ongeveer 1 km van die gastehuis af. Kom geniet hierdie rustige omgewing met volop voëllewe en herlaai jou batterye.

Langtermynverblyf kan ook gereël word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lizbe Akkommodasie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R640 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za