- Kapasiteit: 17 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Protea-weg 8, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mermaid Guest House se naam is afgelei van die Nederlandse slaweskip "Meermin" wat in 1766 onder 'n muitery van die slawe aanboord deurgeloop het, en uiteindelik aan die kus van Struisbaai gestrand het. Die gastehuis is geleë in die skilderagtige dorpie Struisbaai, amper teen die suidpunt van Afrika, en ons is baie naby aan die plek waar die "Meermin" 243 jaar gelede gestrand het.
Gaste word bederf met al die gasvryheid van die Overberg. Mermaid Gastehuis voorsien verblyf aan enkelpersone, paartjies, besoekers wat 2 enkelbeddens benodig en gesinne in Struisbaai. Die gastehuis is ten volle toegerus met al die nodige geriewe en dienste om te verseker die verblyf is onvergeetlik. Die gastehuis bied slegs bed en ontbyt.
Die verblyf is 400 m van die hoofswemstrand en al die ander geriewe in die dorp af. Gaste kan gerus die beroemde vuurtoring, wat vandag nog die skepe waarsku, die historiese hawe en die mees suidelike punt van Afrika waar die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan mekaar ontmoet, besoek.
Vir avontuurlustige besoekers is daar walvis- en dolfynbesigtiging, diepseehengel, seilplankry, sweefski en die Spookdraai- en Rasperpunt-staproete. Ons maak ook voorsiening vir natuurliefhebbers, voëlkykers en enige iemand wat die pragtige proteas en fynbos wil ontdek.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Witborde
- Internet
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Protea-weg 8, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Mermaid Guest House het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 17 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Protea-weg 8, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom