Mizubi House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mizubi House is 'n veelsydige woonstel wat verhuur kan word as 'n selfsorg- of semi-selfsorg-eenheid in Glentana, tussen George en Mosselbaai. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf na aan al die doendinge op die Tuinroete. Gholf-entoesiaste kan uitsien na 'n hele aantal asemrowende gholf-ervaringe en -herinneringe.

Die woonstel het 2 slaapkamers, 1,5 badkamers, en is smaakvol versier en gerieflik ingerig. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n aparte toilet. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n gasstoof, yskas, wasmasjien, ander toebehore, en genoeg ingeboude kaste vir breekware en eetgerei.

Die sitkamer het netjiese sitplek en 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Verder het die woonstel 'n onderdakstoep en 'n veranda met braaigeriewe en 'n tafel en stoele. Veilige parkeerplek is beskikbaar en Mizubi House is net 700 m van die strand af, en 5 minute se ry vanaf George Lughawe en ander doendinge in die omgewing.

Bo en behalwe die volledige selfsorgpakket, bied ons ook 'n semi-selfsorgpakket aan. Dit is spesifiek ontwerp vir ons gholf-entoesiaste. Ons sal, op versoek, gholftoere namens ons gaste by 12 van die beste gholfklubs in die land reël. Al die klubs is op die Tuinroete. Ons is ideaal geleë daarvoor en ons is sentraal tot die hele Tuinroete. Die gholfbane langs die Tuinroete is baie gewild, so dit is belangrik dat gaste vroegtydig bespreek!

Slaapplek

'n Bespreking by Mizubi House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  DVD
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mizubi House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false