- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 74 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mount Ceder, Koue Bokkeveld, Sederberg, 6836, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R525 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mount Ceder is die perfekte selfsorg-naweekbestemming in die Sederberge en bied 'n hele rits aktiwiteite en verblyf-opsies. Mount Ceder is in 'n vallei op die hoofroete wat deur die Sederberge strek, geleë en word deur dramatiese berge omring.
Verblyf word in verskeie bekoorlike selfsorg-gastehuise met slaapplek vir tussen 2 en 6 gaste elk gebied. Al die huise het linne, handdoeke, eetgerei, breekware, yskaste, stowe, mikrogolfoonde en kaggels, en buite is daar braaigeriewe. Mount Ceder het ook 3 kampeerplekke wat lekker ver uit mekaar geleë is om privaatheid te verseker. Gaste moet hul eie tente en kampeertoerusting saambring. Elke kampeerterrein het sy eie ablusiegeriewe.
Vir diegene wat nie lus is vir kosmaak nie, is daar 'n restaurant wat smullekker maaltye bedien. Die aandete is 'n vaste spyskaart met 'n driegangmaaltyd wat 24 uur vooruit bespreek moet word. Aktiwiteite sluit bergfietsry, kanovaart, staproetes, voëlkyk en swem in die rivier in. Buiten die staproetes en swemplek op die perseel, is Mount Ceder ook ry-afstand vanaf 4x4-roetes en verskeie ander besienswaardighede in die Cederbergstreek.
Die Cederbergstreek is net 2 en 'n half uur se ry van Kaapstad af, maar tog is die landskap so anders as dié van die Moederstad. Dis wilder en warmer met 'n ongerepte, dramatiese prag.
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniek-middagete
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Adele Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 196
Jaar gelys 11
Ligging
- Mount Ceder, Koue Bokkeveld, Sederberg, 6836, Wes-Kaap
- Gaste dink Mount Ceder het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 74 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mount Ceder, Koue Bokkeveld, Sederberg, 6836, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom