Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nautica Deluxe

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: George-straat 4, Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Nautica Deluxe is 'n ruim selfsorgeenheid op die derde verdieping in 'n veilige gebou in Van Ryneveld, Strand, in die Wes-Kaap. Dit is ideal vir 'n gesin.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 volwassenes, of 2 volwassenes en 2 kinders. Dit is stapafstand van die strand af, het veilige toegangsbeheer en word deur kringtelevisiekameras gemonitor. Die woonstel beskik oor 'n oopplan-kombuis en -sitarea, 2 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is ook 'n balkon. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met 'n pragtige see-uitsig. Die tweede badkamer het 'n wasbak, bad en toilet. Elke badkamer het 'n stel handdoeke.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, vierplaatstoof met oond, wasmasjien, strykyster, tuimeldroër, skottelgoedwasser en ander basiese toebehore toegerus. Die sitarea het 'n rusbank vir 3 wat in 'n slaapbank omskep word, asook 2 leunstoele. Daar is 'n etenstafel met 4 stoele, 'n TV met die volle DStv-pakket, en WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n balkon en terras met 'n gedeeltelike see-uitsig.

Die gebou het 'n hysbak, ondergrondse parkeerplek vir 1 voertuig met toegangsbeheer en 'n aangewese braai-area. Gaste moet hul eie braairooster en eetgerei saambring.

Let asb. dat die gebou nie 'n kragopwekker het in die geval van beurtkrag nie, maar die eenheid het LED-flitse.

Verder is die Nautica-woonstelgebou naby wegneemeetplekke, restaurante, geriefswinkels, 'n apteek, wasserye, 'n openbare swembad, en is minder as 1 km van Greenways Strand Golf Estate on Sea af, 3,8 km vanaf Strand Gholfklub, 11km vanaf Helderberg Gholfklub en Helderberg Natuurreservaat. Somerset Winkelsentrum is net 5,4 km ver. Daar is 'n hele paar wynlandgoedere in die naby, en die verblyf is 36 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 35 resensies vir Nautica Deluxe
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

James Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • George-straat 4, Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nautica Deluxe het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: George-straat 4, Strand, 7139, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsuDuTMsPpzZLbEI6RxOdEeDyrOP3ZV4zslA0AZNwJNe38rPSON?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 35 5 1 5 4 George Street Strand 7139 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.121990847788 18.832244433824
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem