Our Blessing

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Our Blessing bied selfsorgverblyf in Kleinbaai net 3 km buite Gansbaai. Die huis is stapafstand vanaf 'n hawe wat hokduik saam met grootwithaaie, verskeie curio-winkels en 'n restaurant bied. Daar is ook 'n getypoel naby.

Die huis het slaapplek vir 11 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.

Die eerste slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers is ook op die onderste vloer en het elkeen 'n spieëltafel, bedtafeltjies met lampies en oorgenoeg pakplek in die ingeboude kaste. 'n Kampbedjie kan in die eerste slaapkamer gesit word op versoek. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorgverblyf en het oorgenoeg kasplek, 'n gasstoof, 'n elektriese oond met 'n waaier, 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware, kooktoebehore, 'n strykyster en -plank, 'n gasketel, broodrooster, potte en panne. Daar is 'n opwasarea met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en 'n yskas-vrieskas. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste rondom die etenstafel. Die sitarea het gemaklike leerbanke en 'n TV met volledige DStv-kanale (Explora), 'n Mi Box om aan die internet te koppel en WiFi is beskikbaar in die huis.

Die braaikamer op die boonste verdieping het 'n etenstafel met sitplek vir 8, 2 slaapbanke, 'n La-Z-Boy met sitplek vir 2, 'n skottelgoedwasser, yskassie, 'n braai met die nodige toebehore, 'n TV en 'n vierde slaapkamer met 'n enkelbed. Daar is ook 'n dubbelopwasbak, en 'n gastetoilet met 'n wasbak.

Slaapplek

'n Bespreking by Our Blessing sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 4 persone
2 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Our Blessing gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 500 per nag (vir 11 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za