The Island Akkommodasie by Periwinkle Self-catering Holiday Home | LekkeSlaap
+19

Periwinkle Self-catering Holiday Home

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Dr Malanstraat 41, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Periwinkle Self-catering Holiday Home is 'n selfsorg-vakansiehuis met 2 verdiepings in die dorpie Sedgefield in hartjie van die Tuinroete. Dit bied 'n uitsig oor die Swartvlei-meer en Outeniekwaberge.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is en suite en het 'n koningingrootte-bed, spieëltafel, 2 tafeltjies met bedlampies, 'n slaapbank en ingeboude kaste. Dit is op die eerste verdieping en het glasdeure na 'n stoep met 'n uitsig oor Swartvlei. Die badkamer het 'n spa-bad, stort, wasbak en toilet.

Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n spieëltafel, 2 tafeltjies met bedlampies en ingeboude kaste. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens met 1 tafeltjie met 'n bedlampie en ingeboude kaste. Dié 2 kamers is op die onderste verdieping en het glasdeure na 'n terras. Die aparte badkamer op die onderste verdieping het 'n wasbak en stort en daar is ook 'n aparte toilet met 'n wasbakkie. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar.

Die speletjieskamer onder het 'n pooltafel, sokkertafel, veerpyltjiebord en allerlei speletjies en speelgoed. Dit lei via glasdeure na die terras. In die voorportaal is 'n sitkamertjie met 'n slaapbank en 'n rusbank.

Bo is 'n kuierarea, oopplan-kombuis en 'n TV- en eetkamer met glasdeure na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braaiplek.

Die kombuis het 'n ontbythoekie met sitplek vir 3, 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, menger, borde, glase, wynglase en eetgerei. Die aparte opwasarea het 'n wasbak en skottelgoedwasser. In die TV-kamer is 'n leersitkamerstel, gemaklike rusbanke, 'n TV, video- en DVD-speler en 'n radio. Daar is sitplek vir 8 gaste by die eetkamertafel.

Die onderdakbraai-area het 'n ingeboude braaiplek, 'n tafel met sitplek vir 6 gaste en 2 plastiek-koffietafels.

Slaapplek

’n Bespreking by Periwinkle Self-catering Holiday Home sluit in:

Koningingrootte-bed Dubbelslaapbank
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xDubbelslaapbank
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Periwinkle Self-catering Holiday Home
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Dr Malanstraat 41, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Periwinkle Self-catering Holiday Home het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Dr Malanstraat 41, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMJYzhThLeYXjPFQLWWvxLjKWRwftITCreUUpuXv0JL9AekpNUA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 41 Dr Malan Street Sedgefield 6573 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -34.01885790694 22.783515715029
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za