Pinnacle Point Akkommodasie by Pinnacle Point Villa Block 25 Unit 1 | LekkeSlaap
+23
+23

Pinnacle Point Villa Block 25 Unit 1

  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pinnacle Point Golf Resort, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Pinnacle Point Villa is goed geleë op die bekende 5-ster-gholflandgoed in Mosselbaai, Pinnacle Point Beach and Golf Resort, 400 km vanaf Port-Elizabeth en Kaapstad. Pinnacle Point is in die hartjie van die Tuinroete en alles wat dit vir jou bied, en ook net 'n halfuur se ry van George se lughawe af.

Die Villa kyk uit oor die spoggerige gholfbaan met die see in die agtergrond. Die selfsorg-eenheid het 2 verdiepings. Die eerste verdieping is volledig toegerus met 'n oopplan-kombuis met basiese geriewe soos 'n yskas/vrieskas, skottelgoedwasser, oond, stoof, wasmasjien, tuimeldroër en kombuisgerei. Daar is ook 'n TV met DStv-kanale. Die oopplan-leefarea maak op die voorstoep met 'n ingeboude braaiplek, tafels en stoele en 'n gemeenskaplike swembad vir die gaste.

Die hoofslaapkamer is op die tweede verdieping met sy eie en suite-badkamer, dubbelbed, TV met eie dekodeerder en skuifdeur wat oopmaak op 'n balkon met 'n asemrowende uitsig. Die ander 2 slaapkamers (een op die tweede verdieping en een op die eerste verdieping) het elkeen 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Handdoeke en linne word voorsien en 'n skoonmaakdiens is beskikbaar. Rook word slegs toegelaat op die balkonne.

Dis 'n wonderlike vakansiebestemming vir die gesin met soveel doendinge om jou en jou familie mee besig te hou: 'n gholfbaan, swembad, strand, restaurante, 'n spa, die klubhuis en casino wat stapafstand van die Villa af is.

Slaapplek

’n Bespreking by Pinnacle Point Villa Block 25 Unit 1 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Witborde
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 11 resensies vir Pinnacle Point Villa Block 25 Unit 1
Netheid
4.2/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Pinnacle Point Golf Resort, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pinnacle Point Villa Block 25 Unit 1 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pinnacle Point Golf Resort, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY2ZDgyZTZhLWRhZWQtNDQ1YS1iOGIxLTUwYTRhZDBlNzliZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 6) 11 5 1 5 Pinnacle Point Golf Resort Mossel Bay 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -34.196791411462 22.097031623125
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za