Porcupine Hills Guest Farm
- Kapasiteit: 18 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van der Stel Verbypad 113/7, Botrivier, 7185, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Porcupine Hills Guest Farm is op 'n olyfplaas in die Overberg langs die pragtige Van der Stel-pas. Dis 32 km vanaf Grabouw en 20 km vanaf Botrivier.
Verblyf word in 7 selfsorg-eenhede, insluitend 3 rivierkothuise gebied.
Eyrie Huis is die grootste eenheid met slaapplek vir 6 gaste in 3 en suite-slaapkamers. Daar is 'n buitebraai-area met sitplek. Die kombuis is volledig toegerus en daar is ook 'n swembad, groot dek, gemaklike stoele en 'n privaat tuin.
Die Farmhouse is ideaal vir paartjies of gesinne en is op 'n heuwel met 'n uitsig oor die krans. Daar is slaapplek vir 6 gaste in 2 en suite-slaapkamers. Die dubbelvolume-sitarea het 'n kaggel en lei na 'n onderdakstoep met 'n eetarea. Die kombuis is volledig toegerus en daar is ook 'n swembad in die tuin en buitebraaigeriewe.
Klipboks is ideaal vir 'n groep aangesien daar oorgenoeg ruimte en gerieflike slaapkamers is. Dié opgeknapte plaashuis het slaapplek vir 8 gaste in 4 en suite-slaapkamers. Die kombuis binne is volledig toegerus, insluitend 'n yskas-vrieskas en daar is 'n sitarea en 'n onderdakkombuis buite. Daar is ook 'n kroeg en eetarea oorkant die groot braai en boma met kampstoele. Dié eenheid is langs die rivier met 'n uitsig oor die populierwoud en die omliggende heuwels.
Caracal Cottage het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n en suite-slaapkamer en 'n oopplankombuis en -leefarea. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en die onderdakterras het braaigeriewe en 'n etenstafel. Daar is ook 'n bergplonspoel met sonstoele in die gemeenskaplike tuin.
Mongoose Chalet beskik oor 'n slaaparea, en suite-badkamer en 'n kombuisie. Die onderdakstoep het buitemeubels. Dié eenheid is slegs beskikbaar as dit saam met Caracal of Dassie Cottage bespreek word.
Dassie Chalet is in die populierwoud aan die anderkant van die Mongoose Chalet en bied 'n klein natuurlike woudtuin langs 'n stroompie. Die chalet het 'n stoep met 'n privaat tuin en braaigeriewe.
Die Rondawel is tussen eikebome en die rotspoel in die rivier. Daar is 2 slaapkamers wat aan die rondawel gebou is en lei na die rivier. Die eenheid het slaapplek vir 4 gaste.
Doendinge op die plaas sluit bergfietsry, swem, voëlkyk en 4x4 in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Cha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Jaar gelys 4
Ligging
- Van der Stel Verbypad 113/7, Botrivier, 7185, Wes-Kaap
- Gaste dink Porcupine Hills Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Villiersdorp Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 18 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van der Stel Verbypad 113/7, Botrivier, 7185, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom