Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Radium Hall

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hildene-weg 4, Tamboerskloof, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 5
  • Vanaf R2 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Radium Hall Guest House is geleë teen Leeukop se hang by Kaapstad en het asemrowende uitsigte op Tafelberg. Hierdie moderne huis is onlangs gebou en stylvol versier met 'n eenvoudige moderne argitektuur, pragtige antieke meubels uit die koloniale dae en tikkies Afrika.

Akkommodasie word aangebied in 6 ruim kamers met hoë plafonne en moderne en suite-badkamers. Al die kamers het tee- en koffiemaakgeriewe, TV's, waaiers, WiFi-toegang en uitsigte oor die stad en Tafelberg.

Die gastehuis is meer as 10 jaar terug gevestig en word bestuur deur 'n energieke mens-mens. Margie en haar seun Jamin rol die rooi tapyt uit vir gaste en betower hul met sjarme en gasvryheid. Hulle vertel graag vir besoekers van Kaapstad se versteekte skatte oor 'n goeie glasie wyn en met pragtige uitsigte op Tafelberg. Margie en Jamin is gekwalifiseerde toergidse en lei ook pasgemaakte toere deur die Wynlande en Kaappunt, en selfs gholf- en branderry-uitstappies en aandjies uit in die Kaap.

Radium Hall is ideaal geleë in Tamboerskloof, net 5 minute van Kaapstad se sakekern, die Waterfront en ander historiese plekke af. Die staproetes op Tafelberg is net 'n klipgooi van ons onderneming af. Die gonsende Kloofstraat en Langstraat met al die gewilde restaurante, kafees, bistro's, "pubs" en nagklubs is ook net stapafstand van Radium Hall af.

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Gastesitkamer

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 15 resensies vir Radium Hall
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jamin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Jaar gelys 11

Ligging

  • Hildene-weg 4, Tamboerskloof, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Gaste dink Radium Hall het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hildene-weg 4, Tamboerskloof, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 5
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFjOTFkN2ZlLTcyOGQtNGNjMS05ZjYyLTVhZWViODUwYjNjNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag, vir 2 mense 15 5 1 5 4 Hildene Road Tamboerskloof 8001 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.92872 18.4018
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem