Hartenbos Akkommodasie by Riviera Hotel Timeshare - Unit 10 | LekkeSlaap
+7

Riviera Hotel Timeshare - Unit 10

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-laan 133, Riviera Hotel Tyddeel - Eenheid 10, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Riviera Hotel Timeshare - Unit 10 is ’n selfsorgwoonstel in Hartenbos, ’n klein vakansiedorpie tussen George en Mosselbaai in die Wes-Kaap. Dit is een van die grootste selfsorg-instansies op die Tuinroete en is baie gewild onder besoekers van Limpopo tot die Kaap. Hartenbos is die perfekte plek vir ’n somervakansie vir paartjies, gesinne en bejaardes aangesien dit verskeie Blouvlag-strande, ’n seefront-waterpark, fantastiese doendinge en geleenthede vir walvis-, dolfyn-, en robkyk bied.

Die woonstel het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ’n slaapbank in die sitarea vir 1 gas. Die badkamer het ’n stort, bad, toilet en wasbak.

Die ruim kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het gemaklike banke en ’n TV teen die muur met sekere DStv-kanale en ’n DVD-speler.

Die kompleks het ’n gemeenskaplike braai-area, swembad en ’n restaurant by die hotel. Die eenheid is aan die strandmeer se kant geleë, 800 m van die see af.

Die eenheid is slegs vanaf die 15de Desember tot die 22ste Desember beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Riviera Hotel Timeshare - Unit 10 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Port Natal-laan 133, Riviera Hotel Tyddeel - Eenheid 10, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 5)
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-laan 133, Riviera Hotel Tyddeel - Eenheid 10, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE4ZDQ1MDVjLTk1N2YtNGFlYi05ODMzLWRlYmU2YWE2MjVhMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (plek vir 5) 133 Port Natal Avenue Riviera Hotel Timeshare - Unit 10 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.118508 22.117806
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za