Romansingel 32

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Romansingel 32 is in die beskutte baai van Struisbaai in Kaap Agulhas geleë. Die huis is net 2,4 km van die hoofswemstrand af geleë.

Die huis het 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n bad, stort, wasbak en toilet in die tweede badkamer. Onder die houttrappe is daar 'n ekstra enkelbed.

Die huis het 2 sitkamerareas en 'n binne- en buitebraai. Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, oond, eetgerei en breekware. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar.

Die onderste leef- en -eetarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met nog sitplek. Daar is ook 'n pool-tafel, kisvrieskas en 'n omheinde erf. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring.

Struisbaai het 'n bekoorlike klein hawe vir visvangskuite en skibote vir die talle besoekers wat gedurende die vakansieseisoen dié dorp besoek. Gaste kan in die hawe rondloop en sien hoe die tradisionele vissermanne hul vangs inbring en sommer nét daar vis koop.

Slaapplek

'n Bespreking by Romansingel 32 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
1 x Koningingrootte-bed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Romansingel 32 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false