LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Roratau Tented Bush Camp | LekkeSlaap
+106

Roratau Tented Bush Camp

Tentekamp
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welgedacht-plaas, Langs die R628, Tshwane, 0001, Gauteng
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R990 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Roratau Tented Bush Camp is in die Leeuwgedacht Bewarea geleë en bied gerieflike permanente tente en 5 privaat rustic karavaan/tent staan plekke

Daar is 5 tente met 'n elektriese heining, Koedoe en sebra wat albei slaapplek vir 2 het, en Blesbok, Blouwildebees en Rooibok wat almal slaapplek vir 4 het. Die tente met slaapplek vir 2 beskik oor koningingrootte-beddens, en die tente met slaapplek vir 4 beskik oor koningingrootte-beddens en dubbelslaapbanke. Elke tent het 'n en suite-badkamer met 'n stort, en linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asseblief hulle eie swemhanddoeke saambring.

Elke tent het 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, yskas, eetgerei en breekware. Daar is egter nie mikrogolfoonde nie. Elke tent het ook braaigeriewe langs die privaat klein swembadjie wat deur die son verhit word, sowel as skadu-parkeerplek. Hout en houtskool is by die kamp te koop.

Daar is 'n boma met 'n braai-area vir groepbesprekings. Daar is 'n restaurant en kontantkroeg met DStv, stapafstand vanaf die tente by die aangrensende lodge en dag-spa.

Roratau beteken "plek waar die leeus brul" en is ideaal as jy snags die leeu, hiëna, jakkals en uil se geroep wil hoor. Die kamp spog ook met 'n hele klomp ander wildspesies, soos koedoes, rooihartbeeste, blouwildebeeste, blesbokke, sebras, kameelperde en vlakvarke wat vanaf die tente gewaar kan word. Daar is 'n hele rits voetslaan- en bergfietsry-roetes in die omgewing en wildritte kan op versoek gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 80 resensies vir Roratau Tented Bush Camp
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Welgedacht-plaas, Langs die R628, Tshwane, 0001, Gauteng
  • Gaste dink Roratau Tented Bush Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Dinokeng Gauteng
Vanaf R990
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R990
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welgedacht-plaas, Langs die R628, Tshwane, 0001, Gauteng
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAISpTCpgWz0jYy7uDJ4fk4Iyu2izohqqIz0T1hl4PYeg3MqsY3R?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R990  per nag (vir 2 persone) 80 5 1 5 Farm Welgedacht Off the R628 0001 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.481325964715 28.466952998084
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!