Sabaan Holiday Resort
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 9 Jul 2024 tot 19 Sep 2024.
- Kapasiteit: 109 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R536, Hazyview, 1242, Mpumalanga
-
Vanaf
R620R558 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sabaan Holiday Resort is tussen Sabie en Hazyview op die R536 geleë en bied veilige en bekostigbare selfsorg-gesinsverblyf, net 30 km vanaf die naaste ingang na die Krugerwildtuin. Sabaan Holiday Resort is baie sentraal geleë vir besoekers wat die besienswaardighede, sommige wêreldbekend, op die pragtige Panorama-roete wil verken. Daar is ook heelwat aktiwiteite in die omgewing vir avontuurlustige siele.
Elke chalet word goed in stand gehou en is gerieflik, asook volledig toegerus met beddegoed - bring net jou eie handdoeke. Alhoewel die instansie tot 130 gaste in 22 chalets kan akkommodeer, maak hulle geen uitsonderings as dit by die rustigheid van hierdie oord of die wonderskone uitsigte op die Sabievallei en die piesangplantasies kom nie.
Geriewe by die oord sluit uitstekende sekuriteit, braaigeriewe en 1 parkeerplek by elke individuele chalet, 'n kouewaterswembad, tennis, tafeltennis, en vingerbord in. Die venue vat tot 150 gaste en die lapa neem 60 gaste. Dit is baie geskik vir troues, matriekafskeide, kerk- of skoolgroepe en familie-byeenkomste.
Aktiwiteite in die area sluit witwatervlotvaart, vierwielmotorfietsritte, perdry, wildkyk, fietsry, visvang, voëlkyk, bergfietsry, voetslaan, die Graskop glashyser, die groot swaai, Zipline en die hangbrug in.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
- Televisie
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Marietjie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 179
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- R536, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Sabaan Holiday Resort het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hazyview Kiepersol Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 109 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R536, Hazyview, 1242, Mpumalanga