Sea Breeze 58 Diaz Strand

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sea Breeze 58 Diaz Strand is 'n selfsorg-eenheid vir 6 gaste in Mosselbaai.

Die dubbelverdiepingwoonstel is in 'n sekuriteitskompleks en het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is 'n privaat badkamer onder met 'n bad en 'n stort. 'n Stapelbed is in die gang beskikbaar en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Let asb. daarop dat gaste hulle eie handdoeke en toiletware moet saambring.

Die oopplan-leefarea is onder en beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, eetgerei en breekware. Die eenheid het 'n eet-area wat ingerig is met 'n TV en daar is 'n skottel vir gaste se eie DStv-dekodeerder en slimkaart wat hulle moet saambring.

Die leefarea bied toegang tot 'n onderdak-braai-area en daar is parkeerplek vir 1 voertuig. Daar is ook spasie vir 'n karavaan. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Sea Breeze 58 Diaz Strand is net 200 m van die strand af. Mosselbaai bied 'n verskeidenheid doendinge soos visvang, 4x4-roetes, bergfietsroetes en besienswaardighede soos die Bartholomeu Dias Maritime Museum, Garden Route Casino, Cape St Blaise Vuurtoring, Hartenbos Waterpark en meer. Daar is genoeg doendinge vir die hele gesin.

Slaapplek

'n Bespreking by Sea Breeze 58 Diaz Strand sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Area 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sea Breeze 58 Diaz Strand gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false