Sea n See
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 13 Mei 2024 tot 5 Aug 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Seeperdjie-laan 28, Tergnietq, Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R990R743 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Sea n See is in Tergniet, Mosselbaai en bied gehalteverblyf aan 'n paartjie of klein gesin. Dit is naby winkels, restaurante, trou-venues, die strand, doendinge, kunsmarkte en besienswaardighede.
Dié selfsorgwoonstel is op 'n residensiële perseel, is geskik vir 2 volwassenes en tot 2 klein kinders. Daar is 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer met 'n lieflike hoekbad, stort, toilet en 'n wasbak. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en lei na 'n oop stoep met uitsig oor die see en die baai.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, 'snappy' kookplaat, mikrogolfoond, elektriese braaipan, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n gasstofie.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n TV en DVD-speler. Die rusbanke kan ook as slaapplek vir 'n derde gas of klein kinders dien ('n matras is ook beskikbaar). Dit het 'n eetarea met sitplek waar gaste saam hul maaltye kan geniet. Gaste kan ook DStv en WiFi-toegang op versoek geniet, indien dit beskikbaar is.
Daar is lieflike braaigeriewe op die toegeboude agterstoep waar gaste lekker met 'n skemerkelkie in die hand kan kuier.
Die strande is 'n entjie weg, maar naby genoeg om te stap. Allerlei winkels is naby. Die hoofpad, N2 na George en die Tuinroete asook Hartenbos, Mosselbaai en Kaapstad kan maklik bereik word. In die area is daar 'n rits restaurante, koffiewinkels, wynproe-ervarings en gaste kan ongelooflike sonsondergange- en opkomste geniet, wat net die Tuinroete kan bied.
Veilige parkeerplek is beskikbaar in 'n gedeelde binnehof. Houttrappe lei na bo. Klein hondjies is welkom.
Slaapplek
’n Bespreking by Sea n See sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Televisie
- Videospeler
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Marius Lynn Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 35
Jaar gelys 6
Ligging
- Seeperdjie-laan 28, Tergnietq, Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea n See het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Tergniet Groot-Brakrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Seeperdjie-laan 28, Tergnietq, Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom