Glentana Akkommodasie by Seagull Holiday Flat | LekkeSlaap
+17

Seagull Holiday Flat

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gallie Meyerstraat 6, Glentana, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 480 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Seagull Holiday Flat is 'n ruim woonstelletjie met 1 slaapkamer naby die strand in Glentana.

Die eenheid het 'n groot slaapkamer met 2 dubbelkaste, 'n dubbelbed en 'n persoonlike kluis. Daar is ook 'n enkelslaapbank in die slaapkamer waarop 'n kind kan slaap. Die moderne badkamer het 'n groot stort.

Die kombuis is volledig toegerus met al die basiese breekware en kombuisware. Daar is 'n yskas, vrieskas, stoof, oond en mikrogolf. 'n Skottelgoedwasser, tuimeldroër en wasmasjien is ook beskikbaar. In die sitkamer is 'n dubbelslaapbank, 'n TV met DStv en 'n DVD-speler.

Die eenheid het sy eie ingang vanaf die straat en onderdakparkeerplek op die perseel. Daar is 'n knus, beskutte braai- en ontspanningsarea met tuinmeubels. Alle braaitoerusting en 2 potjies word voorsien. Daar is ook 'n buitestort vir gaste wat van die strand af terugkeer.

Van die beste gholfbane in die land is net 'n entjie se ry van die verblyf af, soos Pinnacle Point, Oubaai, Fancourt Links, Fancourt Montagu, Fancourt Outeniqua, George Gholfbaan, Pezula, Simola, La Grande, Kingswood, Mosselbaai Gholfbaan, Knysna Gholfbaan, Goose Valley, Plett Gholfbaan en Oudtshoorn Gholfbaan.

Slaapplek

’n Bespreking by Seagull Holiday Flat sluit in:

Dubbelbed Kinderbank vir 1
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xDubbelbed
1 xKinderbank vir 1
Enkelslaapbank
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 21 resensies vir Seagull Holiday Flat
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Gallie Meyerstraat 6, Glentana, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seagull Holiday Flat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 480
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 480
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gallie Meyerstraat 6, Glentana, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIxZGI4ZTM2LWNhY2ItNDNkMS04YjIxLTA2NzAxOWQ2ZmNhMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 480  per nag (plek vir 4) 21 5 1 5 6 Gallie Meyer Street Glentana 6529 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -34.050350448693 22.317000925541
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za