Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Shark Cove

Winteraanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 14 Apr 2024 tot 31 Aug 2024.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Du Toit-straat 4, Kleinbaai, Van Dyksbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 R638 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Shark Cove is in die kusdorpie Van Dyksbaai, 200 m vanaf die see en 500 m vanaf Kleinbaai se hawe. Die huis en kothuis het nie 'n direkte see-uitsig nie.

Verblyf word in 2 selfsorg-eenhede, Shark Cove Little-kothuis en Shark Cove Huis gebied.

Shark Cove Huis is baie ruim, gerieflik en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander kamer het 2 driekwartbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n bad, stort en 'n toilet. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank wat vir 2 kinders of 1 volwassene geskik is. Die oopplan-kombuis is met eetgerei, breekware, glase, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof en 'n etenstafel met stoele toegerus. Die aparte waskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die lekker ruim leef- en sitarea het 'n binnebraai, 'n TV met DStv en 'n lessenaar. Daar is ook onbeperkte WiFi. Buite aan die agterkant is daar houtbankie, tafel en 'n braai. Die eenheid het 'n toesluit-motorafdak en aan die linkerkant van die huis is daar ekstra parkeerplek vir nog 'n voertuig. In totaal kan slegs 6 gaste (kinders ingesluit) geakkommodeer word.

Shark Cove Little-kothuis is baie klein en bied slaapplek aan 2 gaste en dit is 'n stylvolle kamer. Hierdie klein gastekamer het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Die kamer het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf, broodrooster, yskassie, eetgerei en breekware. Komplimentêre badhanddoeke word voorsien. LET WEL daar is Geen TV, braai- of kookgeriewe nie. Daar is wel WiFi en 'n klokradio

Albei eenhede kan ook as geheel bespreek word en dit het dan slaapplek vir 8 gaste in totaal wat kinders insluit.

Ongelukkig word geen diere toegelaat nie

Akitiwiteite in die omgewing sluit haaihokduik en walviskyk in. Die wêrelbekende Shark Valley wat spesialiseer in Grootwithaa-ekspedisies is naby. Dyereiland en Geyser Rock is ook baie gewild.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 27 resensies vir Shark Cove
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Marianne Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 91

Jaar gelys 4

Ligging

  • Du Toit-straat 4, Kleinbaai, Van Dyksbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Shark Cove het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
R850 R638
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
R850 R638
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Du Toit-straat 4, Kleinbaai, Van Dyksbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdf4845b86d5bf4a5f7dd483b871f48c7a229e29f15b44aa2dc2f4db54eec6f227d28fecd73bafc191850a34e82dfaab40aef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R638 per nag (plek vir 2) 27 5 1 5 4 Du Toit Street Kleinbaai 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.612846538787 19.358544674453
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem