Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sharon Lodge

Winteraanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 12 Apr 2024 tot 13 Jun 2024.

  • Kapasiteit: 19 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipdrift Kaallagte-weg 74, Hammanskraal, Pretoria, 0400, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 R2 975 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sharon Lodge is 'n eksklusiewe lodge wat gerieflike selfsorgverblyf op 'n plaas 15 km vanaf Hammanskraal in die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat bied. Die lodge spog met 'n aswemrowende uitsig oor die bosveld en is ideaal vir 'n gesinsvakansie, of gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek in die bosveld.

Die lodge word as 'n geheel bespreek en bied gaste 'n keuse tussen 4 individuele eenhede wat slaapplek het vir 13 gaste. Die vierslaapkamer is 2 lieflike selfsorg-eenhede wat slaapplek aan 4 gaste bied en dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer elk. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n TV met DStv en die solderslaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Gaste in die eenheid het ook toegang tot die gemeenskaplike stoep met 'n bankie en 'n uitsig oor die gemeenskaplike swembad-area.

Die drieslaapkamer is 'n selfsorg-eenheid wat slaapplek bied aan 3 gaste en dit beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Daar is 'n koninggrootte-bed in die slaapkamer wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, asook nog 'n enkelbed.Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuisieis met 'n induksiestoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n klein etenstafel met 4 stoele in die eetarea en daar is ook 'n TV met DStv. Gaste in die eenheid het toegang tot die gemeenskaplike stoep met 'n bankie en 'n uitsig oor die gemeenskaplike swembad-area.

Die tweeslaapkamer is 'n lieflike selfsorg-eenheid wat slaapplek bied aan 2 gaste en dit beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n TV met DStv in die slaapkamer. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Gaste in die eenheid het ook toegang to die gemeenskaplike stoep met 'n bankie en 'n uitsig oor die gemeenskaplike swembad-area.

Die Boabab Kothuis bied slaapplek aan 6 gaste en het 2 elegant versierde kamers, elk met 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die Boabab Kothuis het sy eie swembad, lapa en boma met 'n pragtige uitsig oor die rivier wat deur die eiendom loop.

Gaste kan by die boma met 'n vuurput ontspan, die komplimentêre WiFi gebruik of die pragtige uitsig vanaf die balkon geniet. Gaste kan ook die swembad en 'n lapa met 'n ingeboude braai, losstaande braai, 2 piekniektafels en 'n uitsig oor die bosveld geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 5 resensies vir Sharon Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Stephanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Jaar gelys 1

Ligging

  • Klipdrift Kaallagte-weg 74, Hammanskraal, Pretoria, 0400, Gauteng
  • Gaste dink Sharon Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
R3 500 R2 975
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 500
R3 500 R2 975
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipdrift Kaallagte-weg 74, Hammanskraal, Pretoria, 0400, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb90efeb88afecf7d4227a1fe89c2353b2fd19af85a4635a30cb75a7e503628a6e235c1f1a45c9314e049ddea7ffb15eb92c5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 500 nouVanaf R2 975 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 74 Klipdrift Kaallagte Road Hammanskraal 0400 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.379029190997 28.358695507049
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem