Silver Moon House

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Silver Moon House is in die gesogte voorstad Waverley in Bloemfontein geleë.

Dié gastehuis het 'n 4-roos-gradering by die Bloemfontein Accommodation Association (BAA) ontvang. Silver Moon House bied 4 moderne en suite-kamers, elk met lugversorging, TV met DStv, kroeg - yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en elektriese kombers. Op versoek kan die dubbeldeure tussen kamer 1 en 2 oopgemaak word om 'n gesinseenheid te skep.

Elke kamer het sy eie private balkon waar jy rustig kan sit en ontspan. Die gastehuis het 'n gesellige sitkamer wat toegang bied tot die buitestoep, die swembad-area en die mooi tuin.

Silver Moon House het maklike toegang vanaf die N1 en is net 10,5 km van Bram Fischer Internationale Lughawe. Die gewilde Preller Square is gerieflik naby vir lekker inkopies en heerlike restaurante. Oranje Meisieskool, CityMed-dagkliniek, Medi Clinic-hospitaal en die Waterfront is almal minder as 5 minute se ry.

Ontbyt word Maandae tot Vrydae op versoek bedien teen R70 per persoon.

Daar is 24 uur-sekuriteit met ADT en veilige parkeerplek agter 'n elektriese heining.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Silver Moon House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R680 R578 per nag (plek vir 2)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za